Transnet mediese fonds bankrot?

Volgens vertroulike inligting wat ontvang is, blyk dit dat Transnet se mediese fonds in finansiële moeilikheid is.

Lede van die fonds gaan klaarblyklik oorgeplaas word na ‘n ander mediese fonds, maar lede sal baie meer moet betaal vir mediese dekking.

Oud Spoorweg werkers word veral geraak aangesien dit vir hul bykans onbekostigbaar gaan wees om die nuwe premies te bekostig.

Die Transnet pensioenfonds was in die verlede gereeld die hoof onderwerp in die media en moes oud spoorweg werkers hulle uiteindelik tot die hof wend om beter behandeling te kry.


Enjoyed this post? Share it!