Gewonde slagoffer van plaasaanval wag nog steeds op gesondheidsorg

Neem kennis: Foto kan sensitiewe lesers onstel.

Berdus Henrico, wat Dinsdag 6 Februarie tydens ’n plaasaanval in die Melkrivier-omgewing in Limpopo geskiet is, het teen Donderdag 12:00 steeds met twee koeëls in sy skouer en arm gesit.

Hoewel hy vir X-strale Polokwane toe gestuur is en gisternag weer in die F.H. Odendaal-hospitaal op Modimolle opgeneem is, het hy daarna nog nie verdere behandeling ontvang vir die skietwonde nie, het sy verloofde, Estelle Niewenhuys, aan Die Pos gesê.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!