SA ‘dokters’ in China moet glo oor begin in Rusland

Sowat 60 Vrystaatse mediese studente wat al drie jaar in China studeer, gaan glo na Rusland gestuur word waar hulle van voor af met hul studie moet begin. Dit omdat die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika nie hul kwalifikasies erken nie omdat dit glo nie op peil is nie.

So beweer Kgotso Morapela, Vrystaatse leier van die EFF.

Dit is glo omdat die Vrystaatse premierskantoor wat die beursprojekte hanteer, die studente van swak inligting voorsien het, sê Morapela.

Tiisetso Makhele, woordvoerder van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het gesê hulle wag op die EFF om met hulle oor die saak te praat.

“Die Vrystaatse Provinsiale Regering het ’n komitee gestig wat alle sake rondom die beursprogramme hanteer. Ons sal die saak met die nodige waardigheid hanteer.”
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Geld groot kopseer vir gesondheid in Gauteng

Die onlangse uitbreking van die dodelike listeriose in Gauteng is nie die grootste probleem wat die provinsiale gesondheidsdepartement in die gesig staar nie. Die min geld tot die einde van die finansiële jaar is vir die DA ’n bron van kommer.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder in Gauteng, sê hoewel listeriose moeilik is om te bekamp, het die voorkoming van die siekte in werklikheid ’n minimale impak op die departement se funksionering.

Dr. Gwen Ramokgopa, Gauteng se LUR vir gesondheid, het Dinsdag by ’n voorlegging aan die provinsiale portefeuljekomitee oor gesondheid erken haar departement sukkel om die siekte te bekamp.

Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Discovery Health recovers R568m through fraud-control activities in 2017

According to Discovery Health CEO, Dr Jonathan Broomberg, efforts to curb fraud in the healthcare system resulted in R568m recovered on behalf of client schemes in 2017, compared to R405m in 2016. Further, fraud-control activities in which health professionals and others contemplating fraud desist from committing fraud in reaction to visible policing and action by Discovery Health, prevented additional fraud to the value of approximately R3bn over the last two years, adds Broomberg.

Discovery Health has invested substantially in fighting the scourge of healthcare fraud. Efforts include the deployment of a specialised team of over 100 analysts and professional investigators as well as a proprietary forensic software system that uses sophisticated algorithms to analyse claims data and identify any unusual claim patterns. Invaluable tip-offs from whistleblowers also help to identify fraud.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gewonde slagoffer van plaasaanval wag nog steeds op gesondheidsorg

Neem kennis: Foto kan sensitiewe lesers onstel.

Berdus Henrico, wat Dinsdag 6 Februarie tydens ’n plaasaanval in die Melkrivier-omgewing in Limpopo geskiet is, het teen Donderdag 12:00 steeds met twee koeëls in sy skouer en arm gesit.

Hoewel hy vir X-strale Polokwane toe gestuur is en gisternag weer in die F.H. Odendaal-hospitaal op Modimolle opgeneem is, het hy daarna nog nie verdere behandeling ontvang vir die skietwonde nie, het sy verloofde, Estelle Niewenhuys, aan Die Pos gesê.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

62 psigiatriese pasiënte nog vermis na Life Esidimeni-skandaal

Dit lyk soos ’n lys soldate wat ná ’n oorlog vermis is in aksie – maar in die werklike lewe is dit die lys van die Gautengse departement van gesondheid se lys van 62 psigiatriese pasiënte wat met die Life Esidimeni-skandaal verdwyn het.

Die pasiënte kan nêrens opgespoor word nie nadat hulle vanuit die sorgeenheid na verskeie ongeregistreerde sorgsentrums oorgeplaas is.

Altesaam 143 pasiënte is sedert die verskuiwing dood.

’n Arbitrasieverhoor word tans gehou onder die voorsitterskap van regter Dikgang Moseneke.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cancer patient dies after being sent home because he was ‘going to die anyway’

A DURBAN man diagnosed with stage four cancer was reportedly refused treatment at Addington Hospital. He said he was told he was old and “going to die anyway”. He wanted justice for other elderly patients.

The Sunday Tribune Herald spoke to him earlier in the week, and on Saturday, he died. By this time, the Sunday Tribune Herald had already been printed.

This was his story:

Hoosen Noor Mahomed, 60, of Charlotte Maxeke (Beatrice) Street wanted to share his story in the hope that others like him won’t have to endure such treatment.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Probe launched after patient falls from bed – RIP MR JC Botha

Photo’s not for sensitive viewers. The provincial health department is investigating an incident at Livingstone Hospital’s oncology unit after the family of a terminally ill Sidwell man found him hanging half off the bed, his face covered in blood. The family claim they called for 10 minutes for a nurse before someone came to help […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Vrou sterf wat glo in Warmbad- provinsiale hospitaal laat val is

Die kankerpasiënt wat verlede week glo deur verpleegsters op die vloer laat val is in die Bela-Bela (Warmbad)- provinsiale hospitaal, is Maandagmiddag dood. Charmaine Caldwell (48) is omstreeks 13:10 dood, sê Leonie Brooks, haar suster. Caldwell is verlede Maandag per ambulans na die hospitaal geneem toe haar toestand verswak het. Haar familie was geskok toe […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde dame van 90 glo mishandel by Residentia Palmoord Ouetehuis

Die 90-jarige bejaarde se bene was vol blou kolle en merke toe haar vriendin haar uit die Residentia Palmoord Ouetehuis verwyder het. Personeel van die ouetehuis het dit glo nie behandel nie. Vriende van ’n 90-jarige vrou wat vir drie jaar in Residentia Palmoord Ouetehuis gebly het, het agterdogtig begin raak toe sy drasties agteruit […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Chris Hani Baragwanath-hospitaal al 2 jaar sonder vaste uitvoerende hoof

Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het al die afgelope twee jaar nie ’n vaste uitvoerende hoof nie. Die vorige hoof, dr. Sandile Mfenyana, is volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, sonder verduideliking deur Qedani Mahlangu, voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, verwyder. Bloom sê dr. Sifiso Maseko, die waarnemende uitvoerende hoof, is al […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!